Blog
Keep up to date with what's hot and what's not on the bar scene!
Even in a lull with only one drink to mix, he will not slacken his pace nor take a glyptic approach.

Shaker News

Open Deure Vir Jouself By Shaker BarSkool
Vir studente wat n Gapjaar vat!

WORD ’N KROEGMEESTER
Open deure met hierdie beroep.

As jy ’n student of een van derduisende matrikulante wat in ’n gapingsjaar vat? Soek jy na geleenthede om ervaring op te doen en geld te verdien?

Shaker BarSchool is die antwoord tot die dilemma, en as jy behoorlik opgelei is en dalk selfs ervaring op hierdie gebied het, kan jy dikwels ’n lekker werk losslaan – selfs op een van die luukse passasierskepe.

Shaker BarSchool is die ’n plek waar jy vaardighede kan leer om jou in jou gapingsjaar besig te hou.
Die onderneming is ’n internasionale skool met takke in Londen, Birmingham, Johannesburg en Kaapstad en sal jou alles oor kroegwerk leer.
Isabelle Coetzee (21), ’n BA (PPE)-student in haar tweede jaar op Stellenbosch, was baie teleurgesteld toe sy nie haar verwagte Kersgeskenk, van ’n duikkursus, gekry het nie. Sy moes self inspring om haarself te bekwaam vir haar gapingsjaar.
“Daar is sewe verskillende kursusse wat jou nie net vertel waaruit elke soort drank bestaan nie, maar ook waarmee dit te gemeng, hoe dit gedrink word en wat die geskiedenis daarvan is.

Anil Sabharwal, opleier en senior kroegkonsultant by die Shaker BarSchool, toon sy vernuf agter die kroegtoonbank.
Foto’s: NATALIE GABRIELS

Wat is presies nodig is om ’n goeie kroegman te wees? Ons werk met beginners in die bedryf, sowel as mense wat meer gevorderde resepte en tegnieke wil aanleer.

“Ek het my eerste kursus gedoen terwyl ek in my laaste jaar op skool was en het nog nooit teruggekyk nie. ’n Mens leer so baie by die kursusse, en nie net oor die mengeldrankies nie, maar ook die verskillende maniere om dit voor te berei.
“Hierdie kursus, en die werk van ’n kroegman, is een van die lekkerste werke, en jy kan dit enige plek in die wêreld gebruik. As jy eers geld wil bymekaar maak om oorsee te reis, kan jy jouself as kroegman bekwaam, werk, geld spaar en dan weer as kroegman oorsee werk kry. Dit is ’n gewilde loopbaan en jy kan selfs vir jou reistog oorsee betaal as jy op een van die luukse passasierskepe as kroegman gaan werk.

“Wat ook lekker is van hierdie werk, is dat jy gedurig interessante mense ontmoet. Jy kan verdere vaardighede ontwikkel soos die kursus om die voorraad van ’n kroeg te bestuur.” vertel n Shaker student van die kursus wat haar wêreld verander het.

“Ek het die gewildste, die internasionale kroegmeesterskursus, gekies en nooit weer teruggekyk nie. Die kursus strek oor vyf dae. Inligting oor die oorsprong van al die belangrikste drankies en die resepte van tientalle skemerkelkies wat jy uit jou kop moet ken, word in die kursus gedek. In jou praktiese klasse proe jy aan ’n verskeidenheid tiepes drank, soos whisky, wyne, brandewyn, tequila of jenewer en leer jy om werklik te proe en te onderskei. Jy leer hoe om mense te bedien, verkoopstegnieke en oefen om die skemerkelkies te meng. Aan die einde van die week skryf jy eksamen en doen ook ’n praktiese eksamen, waarna jy ’n sertifikaat kry wat deure vir jou oopmaak,” vertel sy.
Coetzee, wat deesdae in haar vrye tyd ’n stewige bedraggie as kroegmeester by ’n restaurant in Stellenbosch verdien, voel dit het haar persoonlikheid ontwikkel en haar lewe in baie opsigte verryk.

“Ons bied verskillende kursusse vir verskillende toepassings aan en rus ons studente toe om in die gasvryheidsbedryf te kan werk.”

Shaker BarSchool UK werk al sedert 2001 in die drankbedryf en het ’n passie vir die opleiding van mense. Shaker SA het in 2006 hulle deure oopgemaak, en is baie betrokke by kompetisies vir mengeldrankies en die kuns van “flairing”, waartydens die kroegmanne drankbottels rondgooi en n kunstige wyse gebruik om hulle drankies voorberei.

“Tydens die kursusse leer ons studente alle klassieke en hedendaagse resepte vir mengeldrankies.

Jy moet dus beslis kommunikasie vaardighede hê en dit geniet om met mense te werk. Hierdie werk is ook veel meer as om net ’n drankie vir iemand aan te dra. Jy moet ’n lekker sosiale atmosfeer kan skep en mense laat ontspan, terwyl jy jou drankies voorberei en aanbied.

Dit is harde werk en jy moet ook bereid wees om saans en naweke saam met jou vriende prys te gee. Gelukkig maak jy in hierdie werk baie gou vriende en so is die sosiale omgewing altyd lekker.